Kernfisika

Kernfisika is dié deel van fisika waarin atoomkerne asook hul samestellende dele en hul wisselwerkings bestudeer word. Ander vorms van kernmaterie word ook bestudeer. Daarteenoor gaan atoomfisika oor die bestudering van die hele atoom, insluitende die elektrone. Ontdekkings in kernfisika het gelei tot baie toepassings in dié veld, soos kernkrag, kernwapens, kernmedisyne, magnetieseresonansiebeelding, radiokoolstofdatering, ensovoorts. Deeltjiefisika het uit kernfisika ontstaan en die twee velde hou nou verband met mekaar. Kernastrofisika, die toepassing van kernfisika op die gebied van astrofisika, is belangrik om die prosesse wat is sterre plaasvind en die oorsprong van dieelemente te verduidelik.


Developed by StudentB